Malema slaap lekker oor afvalliges wat polities misluk
Die EFF-leier, Julius Malema, sê die wete dat nie ‘n enkele persoon wat die party die afgelope 11 jaar verlaat het daarna in die politiek geslaag het nie, laat hom lekker slaap. Die EFF het die afgelope paar maande ‘n massa-uittog van hoëprofiellede ondervind toe onder andere Floyd Shivambu, Dali Mpofu, Mzwanele Manyi en Busisiwe Mkhwebane die party verlaat het. Malema het op die Hustlers Corner-potsending gesê hy is nie geskok oor al die mense wat besluit het om die party te verlaat nie.