Malema sê Israelse ambassade moet sluit

Julius Malema sê Suid-Afrika moet weier om sy grondgebied met moordenaars te deel. Die EFF-leier het verwys na die Israeliese ambassade in Suid-Afrika. Die party het die mosie voor die parlement gebring om steun van opposisiepartye te werf om die ambassade te sluit te midde van die voortslepende Israel-Palestina konflik. Daar sal op ‘n latere datum gestem word oor die mosie wat tydens ‘n oop vergadering van die Nasionale Vergadering gedebatteer is. Malema sê die ambassade behoort onmiddellik gesluit te word.