Malema sê hy sal wapens aan Rusland verskaf

Die leier van die EFF Julius Malema het gesê hy sal wapens aan Rusland verskaf omdat Moskou in ‘n oorlog met imperialisme is. Malema het beklemtoon dat Suid-Afrika ‘n bondgenoot van Rusland is en dat die ANC-regering se standpunt van nie-belyning net van toepassing is op die oorlog in die Oekraïne. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir inhegtenisneming vir Vladimir Putin uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade, maar Malema het onderneem om enige poging om die Russiese President in hegtenis te neem, te voorkom as hy die Brics-beraad in Kaapstad bywoon.