Malema sê EFF is deursigtig

Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party is gereed om aan Suid-Afrikaners te bewys hy kan ‘n skoon en deursigtige regering verskaf. Malema het tydens ‘n nuuskonferensie gesê die EFF het minder as een persent van die privaat politieke party-skenkings ontvang in die Onafhanklike Verkiesingskommissie se verklaring van politieke befondsing. Hy voeg by sekere privaat befondsers gun die EFF nie sukses nie.