Malema sê as Winde sy Skepper wil ontmoet, sal hy vir Putin arresteer

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê as die premier van die Wes-Kaap Alan Winde sy Skepper voortydig wil ontmoet, moet hy probeer om die Russiese President Vladimir Putin aan te keer. Winde het onlangs gesê sou Putin die Brics-beraad in Suid-Afrika bywoon en sy voete in die Wes-Kaap sit, sal hy in hegtenis geneem word. Malema sê enige vyand van die VSA is ‘n vriend van hom: