Malema sal hof nader oor ondersoek na Staatsrede

Die EFF sê hy sal die hof nader om ʼn interdik te kry teen wat hy noem die skynverhore van die Bevoegdhede- en Voorregtekomitee. Die komitee het sy verhoor oor die voorval tydens die Staatsrede begin, waar EFF-parlementslede die verhoog bestorm het toe hulle beveel is om die saal te verlaat. EFF-leier Julius Malema sê die proses is net ʼn wapen om president Cyril Ramaphosa te verdedig. Hy het ook advokaat Anton Katz, die inleier wat die Parlement aangestel het, aangeval: