Malema ontken EFF se dreigemente van geweld

EFF-leier Julius Malema het bewerings ontken dat sy lede gedreig het om geweld te gebruik. Dit volg voor die party se beplande nasionale stilstand waarin hy die bedanking van President Cyril Ramaphosa en ‘n oplossing vir die kragkrisis sal eis. Die DA het beweer sommige EFF-lede het gedreig daar sal gevolge wees vir enige onderneming wat handel dryf of enigiemand wat op die dag werk toe of skool toe gaan. Malema sê die betoging Maandag sal nie gewelddadig wees nie.