Malema môre weer in die hof oor vuurwapen-saak

Die vuurwapen-saak teen die leier van die EFF, Julius Malema, en Adriaan Snyman is in die streekhof in Oos-Londen tot môre uitgestel. Hulle het vandag vlugtig voorgekom op aanklag van die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek. Dit het gebeur tydens die party se vyfde verjaarsdagviering in die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in 2018. Landdros Twannett Olivier sê uitstel is verleen sodat die staat kan konsulteer.