Malema eis verkiesingsdatum van Ramaphosa

Die leier van die EFF, Julius Malema, doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die verkiesingsdatum vir vanjaar se verkiesings onmiddellik aan te kondig en voer aan daar is nie enige logiese of redelike verskoning om die aankondiging langer uit te stel nie. Hy sê Ramaphosa moet aanvaar sy termyn, wat deur mislukking gekenmerk word, het tot ‘n einde gekom en hy moet die land se mense ‘n vaste verkiesingsdatum gee sodat hy hom kan voorberei op ‘n toekoms wat hom nie insluit nie: