Maldives: President dank 225 mense af

Die president van die Maldives het meer as 225 mense in politieke aanstellings, insluitend ministers, afgedank in ‘n poging om die uitgawes van die land met sy half-miljoen inwoners te verminder. Mohamed Muizzu het die mense wat hy aangestel het nadat hy verlede jaar aan bewind gekom het, weer laat verwyder, aangesien die klein maar strategies geleë land in die Indiese Oseaan sukkel om ‘n skuldkrisis af te weer. Daar is onder andere sewe staatsministers, 43 adjunkministers en 178 politieke direkteure afgedank. Dis nie presies duidelik wat die mense gedoen het nie.