Malawi wil teen 2030 59% elektrifiseer
Malawi se minister van Mynbou, Monica Chang’anamuno, sê energie bly die regering se sleutelprioriteit, en ‘n dryfveer vir die verwesenliking van die land se 2063-visie. Dié visie is ‘n ontwikkelingsplan wat daarop gemik is om Malawi in ‘n welvarende, selfstandige, inklusiewe nywerheidsland te omskep. Die minister sê die regering is daartoe verbind om 50-persent van die land se bevolking teen 2030 aan die kragnetwerk gekoppel te hê. Chang’anamuno het energiekundiges en belanghebbendes aangemoedig om innoverende oplossings te skep en te beproef deur skoon, volhoubare energie-oplossings te bevorder.