Malawi vra hulp vir opsporing van visepresident
Malawi se president, Lazarus Chakwera, het Amerika, Israel, Brittanje, en buurlande versoek om te help met die soektog na die vliegtuig met die visepresident Saulos Chilima en nege ander aan boord. Die weermagvliegtuig het van die radar verdwyn toe dit Maandagoggend van die hoofstad Lilongwe opgestyg en nie by sy bestemming in Mzuzu aangekom het nie. Chilima was onderweg na die begrafnis van ‘n voormalige kabinetsminister. Chakwera sê alle pogings van owerhede om kontak met die vliegtuig te maak sedert dit van die radar verdwyn het, was tevergeefs: