Malawi se inentingsveldtog skop af
Die regering in Malawi het in samewerking met die Wêreldgesondheids-organisasie, Unicef en die entstof-alliansie Gavi, begin met ‘n veldtog om meer as nege miljoen kinders teen lewensgevaarlike siektes in te ent. Die doel van die inentingsveldtog is om ‘n gesondheidskrisis te verhoed nadat die sikloon Freddy vroeër vanjaar tot groot verwoesting en die ontworteling van meer as 500 000 mense gelei het. Meer as duisend mense is in Malawi weens die sikloon dood. Die kinders sal onder meer teen ingewandskoors, masels, Duitse masels en polio ingeënt word. Die sikloon Freddy het in Februarie en Maart ook tot sterftes in Mosambiek en Madagaskar gelei.