Malawi kondig ramptoestand af met droogte

Malawi het dringend meer as 200 miljoen Amerikaanse dollar se humanitêre hulp nodig. Dit is volgens president Lazarus Chakwera wat ‘n ramptoestand in die meeste van die land se provinsies, 23 uit 28, oor droogte verklaar het. Hy sê 2 miljoen landelike huishoudings is deur die El Nino-geïnduseerde droogte geraak is en het kos nodig. Daar word berig dat sommige huishoudings, wat tot 20 50-kilogram sakke mielies as bestaansboere geoes het, niks het om vir hulle aanplantings te wys nie.