Malawi kondig 21 dae van rou aan

Die president van Malawi, Lazarus Chakwera, het 21-dae van rou aangekondig vir die ontslape vise-president, Saulos Chilima, en nog nege mense wat dood is toe hulle militêre vliegtuig vroeër die week neergestort het. Vlae sal in die tydperk halfstok hang. Die minister van Inligting, Moses Kunkuyu, het bevestig al die liggame is uitgeken en begrafnisreëlings word vandag bespreek. Die groep was op pad na die begrafnis van oudminister Ralph Kasambara. Die oud-presidentsvrou Shanil Dzimbiri was ook onder die passasiers.