Malaria-inenting: Daar sal nie genoeg wees nie

Na dekades se navorsing het die Wêreldgesondheidsorganisasie verlede jaar die eerste malaria-entstof ooit onderskryf – ‘n historiese mylpaal wat belowe het om die siekte, wat ‘n kind elke minuut doodmaak, uiteindelik te beheer. Maar, in werklikheid sal daar nie genoeg dosisse wees as wat nodig nis nie. GlaxoSmithKline wat onderneem het om 15 miljoen inentings per jaar tot 2028 te produseer sal waarskynlik net ‘n miljoen dosisse per jaar tot 2026 kan vervaardig. ’n Woordvoerder van Britse farmaseutiese reus sê hy kan nie genoeg van sy entstof Mosquirix vervaardig sonder fondse van internasionale skenkers nie.