Malaria-gevalle verdubbel, 6 000 in drie maande

Plaaslike berigte lui dat daar meer as 6 000 malaria-gevalle tussen Januarie en Maart vanjaar aangemeld is. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula het die syfers bekend gemaak en sê dis dubbel die hoeveelheid wat verlede jaar bevestig is. Van die syfer is 630 mense in die hospitaal en 15 is oorlede. Malaria is endemies in tien van die land se streke wat almal in die noordelike helfte van die land is. Hy het lede van die publiek gemaan om voorsorg te tref teen muskiete en om dringend mediese hulp te soek sou enige simptome soos koors en hoofpyn, voorkom.