Malaria-gevalle neem oral in streek toe

Suid-Afrika se Limpopo-provinsie beleef ‘n krisis in malariagevalle met 1 423 wat bevestig is en twee sterftes wat aangemeld is. Die syfer is baie hoër as vorige jare s’n. Die voormalige Namibiese gesondheidsminister en hoof van die VN se Elimin8 Malaria-veldtog dr. Richard Kamwi sê gevalle neem oral in die streek toe, ook plaaslik, as gevolg van ‘n gebrek van besproeiing.