Malaria-entstof oor twee jaar uitgerol in Afrika-lande

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 12 lande in Afrika gaan oor die volgende twee jaar 18 miljoen dosisse van die wêreld se eerste malaria-entstof ontvang. Malaria is steeds een van Afrika se dodelikste siektes wat in 2021 die lewens van byna ‘n halfmiljoen kinders jonger as vyf geëis het. Dit getal verteenwoordig 95 persent van die gevalle wêreldwyd en 96 persent van die sterftes. Lande wat die entstof sal ontvang, sluit in Burkina Faso, Uganda en die Demokratiese Republiek die Kongo. Die WGO sê die entstof kan ‘n groot uitwerking hê op die stryd teen malaria.