Malaria duur voort in Zambezi

Ten spyte van voortdurende pogings om malaria te bekamp, duur gevalle voort, veral in die noorde. Die Zambezi-streek het die meeste malariagevalle in Namibië aangeteken met 6 577 gevalle en agt sterftes in die afgelope twee jaar. Meeste gevalle is volgens gesondheidsowerhede in die streek ongekompliseerd maar daar is gevalle waar komplikasies voorkom. Die regering se pogings met die besproeiing van wonings en die verskaffing van nette duur voort maar, talle van die inwoners benut die nette om vis te vang eerder as om daaronder te slaap.