Malala Yousafzai lewer Nelson Mandela-lesing

Die Nobelprys-wenner Malala Yousafzai sal die 21ste jaarlikse Nelson Mandela-lesing in Johannesburg lewer. Die Nelson Mandela-stigting sê haar lesing sal hoofsaaklik oor die Taliban-stelsel se ingewortelde onderdrukking van vroue en meisies in Afganistan handel en sal die sigbaarheid verhoog van ‘n toenemende poging om die definisie van apartheid uit te brei om geslagsgeweld in te sluit. Die stigting sê Yousafzai en ‘n paneel aktiviste sal tydens ‘n dialoog ná die lesing gesels oor die lesse uit Suid-Afrika se bevrydingstryd teen apartheid en Nelson Mandela se nalatenskap.