Maimane vra konvensie van partye vir regering

BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê hy het aan president Cyril Ramaphosa geskryf en versoek hy moet dringend ‘n nasionale konvensie byeenroep wat uit al 18 Parlementêre partye bestaan. Verder moet daar ‘n mandaat wees om te besluit oor die doel, agenda en omvang van ‘n nuwe regering van nasionale eenheid. Maimane sê ‘n nasionale konvensie bied die mees demokratiese en deursigtige weg om ooreen te kom rakende die samestelling van ‘n nuwe nasionale regering wat gegrond is op waardes en dienslewering: