Maimane sê onderwysstelsel moet opgeknap word

Build One South Africa vra ‘n omvattende opknapping van die onderwysstelsel. Die party beywer hom vir ‘n enkele, verenigde stelsel wat alle leerders eenders bedien. BOSA se leier, Mmusi Maimane, het in ‘n parlementêre debat oor Basiese Onderwys se begroting gesê die dubbele onderwysstelsel hou ongelykheid lewend. Hy stel voor dat die slaagsyfer van 30-persent laat vaar word, ‘n onderwys-ombud gevestig word, befondsing vir digitale onderrig verhoog word, en vakbonde se invloed aandag kry.