Maimane sê hy sal hof toe gaan oor beurtkrag

Build One South Africa sê die regering loop gevaar om ʼn ligsinnige litigant te word. Die Hooggeregshof in Pretoria het die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, verlede maand beveel dat alle openbare gesondheidsinstellings, openbare skole en polisiekantore van beurtkrag uitgesluit moet word en 31 Januarie as sperdatum gestel. Die Departement van Openbare Ondernemings het ʼn dringende appèl teen die beslissing ingedien. Die beweging se leier, Mmusi Maimane, sê hulle gaan regstappe doen om seker te maak die regering kom die hofbevel na.