Maimane sê Cele moet bedank

Build One SA se leier, Mmusi Maimane, doen ‘n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, om te bedank. Dit volg na die Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis in die Vrystaat verlede Mei. Die polisie ondersoek nou ‘n moordsaak en probeer vasstel wie se liggaam dit was wat onherkenbaar verbrand in Bester se sel gevind is. Maimane sê die minister van justisie, Ronald Lamola, en Cele moet verduidelik hoe hulle die publiek gaan beskerm: