Maimane hou byeenkoms vir werkloses

Build One South Africa hou vandag ‘n byeenkoms vir werkloses voor die stadsaal in Kaapstad, net voor môreaand se staatsrede. Die party se leier, Mmusi Maimane, sal deur die adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, vergesel word om die stemme van werkloses te versterk. Volgens BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, versoek hulle president Cyril Ramaphosa om aandag te skenk aan die groeiende werkloosheidskrisis en doeltreffende ingrypings aan te kondig om die ekonomie ‘n hupstoot te gee: