Magic Circle wil vrou wat in ’91 afgedank is opspoor en jammer sê
Die Magic Circle in Brittanje vra hulp om ʼn vrou op te spoor wat meer as drie dekades gelede uitgeskop is omdat sy haarself as ‘n man voorgedoen het om tot die toorkunsvereniging toegelaat te word. Die organisasie het op daardie stadium net mans toegelaat. Hulle wil Sophie Lloyd nou om verskoning vra nadat sy in 1991 uitgeskop is. Lloyd is egter skoonveld. Sy was 18 maande lank Raymond Lloyd maar het gebieg toe die organisasie vanaf 1991 vroue toelaat. Lede was kwaad oor haar bedrog en het haar uitgeskop.