Mafe wat parlementsgebou brand gesteek het is onbevoeg

Die hof in die Wes-Kaap het beslis die vermeende brandstigter van die Parlement, Zandile Mafe, is onbevoeg om tereg te staan. Die voorsittende regter, regter Nathan Erasmus, het in ooreenstemming met die verslag van geneeshere, bevind Mafe het geen besef van hoe onregmatig sy optrede was nie. Die verslag is deur drie dokters opgestel en hulle het tot die gevolgtrekking gekom Mafe kan nie verhoor word nie. Mafe is na die brand in Januarie 2022 by die Nasionale Vergadering aangekla van huisbraak, brandstigting en diefstal: