Madonsela waarsku oor Zuma

Die gewese Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het Suid-Afrikaners gewaarsku om nie in volgende maand se verkiesing vir korrupte politici soos oudpresident Jacob Zuma te stem nie. Zuma het verlede maand gesê hy verstaan nie waarom presidente volgens wet net twee termyne mag dien nie en sê hy het nog onafgehandelde sake in die president se kantoor. Madonsela sê landsburgers moenie vergeet dat Zuma die een is wat die land aan die Guptas verkoop het nie en waarsku hy sal die land laat ineenstort indien hy weer ʼn amp in die staatsdiens beklee.