Madonna se rolprent oor haar lewe weer op dreef

Madonna se biografiese fliek is weer op dreef nadat dit in Januarie op die lange baan geskuif is sodat sy op haar wêreldwye Celebration Tour kan fokus. Die nuwe titel is Who’s That Girl, wat verwys na haar 1987-film en liedjie met dieselfde naam. Die Inventing Anna-aktrise, Julia Garner, is volgens berigte steeds die gunsteling om die rol van die pop-ster te vertolk. Florence Pugh, Odessa Young en Alexa Demie het ook oudisies afgelê. Madonna en die skrywer van Secretary, Erin Cressida Wilson, het die draaiboek herskryf.