Madonna het ‘n aansoek ingedien om ‘n regsgeding deur konsertgangers van die hand te wys

Die regspan van die koningin van popmusiek het Woensdag ‘n mosie ingedien om ‘n klas-aksie regsgeding wat in Januarie deur twee aanhangers ingedien is, van die hand te wys nadat een van haar “Celebration Tour” konserte in New York ure later as geskeduleer begin het. In die oorspronklike regsgeding het die twee konsertgangers, Michael Fellows en Jonathan Hadden, beweer dat die vertoning, wat op 13 Desember by die Barclays-sentrum in Brooklyn plaasgevind het, om 22:30 begin het, al het die kaartjies getoon dat die konsert om 20:30 sou begin. Fellows en Hadden het aangevoer dat die vertraging ‘n “leukse oefening in vals advertensies, ‘n nalatige wanvoorstelling en onbillike en bedrieglike handelspraktyk was”. In ‘n poging om die mosie van die hand te laat wys, het Madonna se prokureurs op hulle beurt daarop aangedring dat ‘n vertraging van twee uur nie ‘n regsgeding regverdig nie.

Foto verskaf