Madagaskar neem kastrasie-wet aan vir kinderverkragting
Madagaskar se parlement het ‘n wet aangeneem wat die chemiese en, in sommige gevalle, chirurgiese kastrasie toelaat van diegene wat skuldig bevind word aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die wet het kritiek van internasionale regtegroepe uitgelok, maar het ook ondersteuning gevind by aktiviste wat sê dit is ‘n gepaste afskrikmiddel om ‘n “verkragtingskultuur” te bekamp. Die wet moet nou deur die Hoë Konstitusionele Hof bekragtig en onderteken word deur president Andry Rajoelina.