Madagaskar het ook gestem

In verskeie lande veral in Afrika word verkiesings gehou of beplan. In Madagaskar het mense kruise getrek in die  parlementêre verkiesing waarin die regerende party hoop om sy meerderheid te behou. Die Tanora Malagasy Vonona-party van president Andry Rajoelina het 84 uit 151 setels in die laaste verkiesing gewen. Rajoelina self het verlede November op omstrede wyse die herverkiesing gewen. Die stemproses was deurtrek met met omstredenheid met ‘n lae stempersentasie en ‘n boikot deur die opposisie. Volgens die Onafhanklike Nasionale Verkiesingskommissie het 12 miljoen mense in aanmerking gekom om te stem.