Macron waarsku Iran oor steun aan Rusland

Die Franse President Emmanuel Macron het ‘n beroep gedoen op sy ampsgenoot in Iran, Ebrahim Raisi, om onmiddellik Teheran se steun vir Rusland se inval in Oekraïne te beëindig, wat die verskaffing van aanvalshommeltuie aan Moskou behels. Internasionale media berig Macron het telefonies die ernstige sekerheids- en humanitêre gevolge benadruk van Iran se lewering van hommeltuie aan Rusland. Die oproep is gemaak ‘n dag nadat die nasionale sekerheids-woordvoerder van die Withuis, John Kirby, gesê het Rusland ontvang materiaal van Iran vir die bou van hommeltuig-fabriek op sy grondgebied wat vroeg volgende jaar ten volle in bedryf kan wees.