Macron vertrou Franse ‘sal reg kies’

President Emmanuel Macron sê hy is vol vertroue die Franse sal reg kies in die blitsverkiesing wat hy afgekondig het, nadat die verregses sy sentristiese alliansie in ‘n EU-stemmery verslaan het. Baie beskou Macron se stap as ‘n hoërisiko dobbelspel, wat daarop gemik is om die verregse National Rally uit te skakel, wanneer sy tweede termyn in 2027 eindig. Macron het laat gister aangekondig Frankryk stem op 30 Junie vir ‘n nuwe Nasionale Vergadering, met ‘n tweede ronde op 7 Julie.