Maatskappy sê hy word R2,1 miljard vir KZN-skoolvoeding geskuld
Die maatskappy wat gekontrakteer is vir die buurland se Nasionale Skole-voedingsprogram, Pacina Retail, sê hy het hom nie aan die tender onttrek nie. Die maatskappy sê die tender is steeds bindend en van krag. Hy sê hy het nog geen betaling ontvang vir die tender van 2,1 miljard Suid-Afrikaanse rand van die KwaZulu-Natalse Departement van Onderwys nie. Die maatskappy sê egter hy het voedsel na die hoofsentra versprei en gaan voort om kos by die ooreengekome versamelpunte in die provinsie af te lewer. Die program staar na wat berig word talle uitdagings in die gesig, waaronder korrupsie.