Maart se brandstofpryse eers Maandag aangekondig

Die energie-ministerie sê hulle kan eers Maandag die brandstofprys vir Maart aankondig. Die komitee wat die brandstofprys bepaal het Donderdag vergader. Die nuwe prys tree volgende week Woensdag in werking. Dit is steeds nie bekend of Namcor en die Padfondsowerheid ‘n verhoging in hulle heffings ontvang het nie. Namcor het ‘n 50 sent verhoging gevra en die owerheid, ‘n dollar. Intussen het die Suid-Afrikaanse rand se wisselkoers teenoor die Amerikaanse dollar verswak, en Brent ru-olie het in die afgelope maand met 4 persent gestyg.