Maandag was wêreld se warmste dag ooit

Maandag, 3 Julie, was die warmste dag op aarde ooit. Die gemiddelde temperatuur is op 17,01 grade Celsius, hoër as die Augustus 2016-rekord van 16,92. Die Britse klimaatwetenskaplike, professor Kevin Anderson sê die wêreld weet reeds meer as 30 jaar oor klimaatsverandering en tog, op die huidige trajek, sal die planeet tussen 3 en 4 grade Celsius warmer word gedurende die eeu, wat katastrofies vir ons almal sal wees.