Maak werk van die ekonomie, sê Cosatu

Cosatu doen ‘n beroep op die regering van nasionale eenheid om vinnig te beweeg en om sodra die Kabinet aangestel is, blokkasies uit die weg te ruim vir die ontsluiting van die ekonomie. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dit is van kritieke belang vir die nasionale Tesourie om sy verbintenis na te kom om te sien waar brandstofbelasting verminder kan word, asook om voort te gaan met pogings om te verseker Eskom kan betroubare en bekostigbare elektrisiteit verskaf, en minder afhanklik word van onbekostigbare dubbelsyfertariefverhogings.