‘Maak water-installasies dief-bestand, nes vir olifante’

Die landbouministerie is besig met die installering van waterpompe en mini-ontsoutingsaanlegte in verskillende gebiede landwyd. Die ministerie het egter voorheen sy kommer gedeel oor waterpompe wat gesteel word wat dorpe sonder water laat. Landbou-minister Calle Schlettwein, het onlangs die diefstal van waterpompe as krimineel bestempel en dit beskryf as ‘n skande, veral omdat daar soveel werk ingesit word om gemeenskappe met water te voorsien. Jona Musheko, ministeriële woordvoerder sê die uitdaging is groot maar, voeg by dat dalk moet die ministerie installasies daarstel wat teen diewe is, nes hulle doen met die teen olifante.