Maak vandag vol, branstof styg vannag

Motoriste word daaraan herinner dat die plaaslike dieselprys met amper 3 dollar om middernag vannag styg met petrol wat met amper 2 dollar opgaan. Die aankondiging is verlede week gemaak na die ministerie onderverhalings aangeteken het. Intussen het die Nasionale Energiefonds 1,2 miljard Namibiese dollar verlede jaar verloor met subsidies van die brandstofprys in die land. Simonis Storm het ook aan die einde van 2021 ‘n ontleding van die brandstofprys gedoen. Daar is bevind dat daar onderverhalings van 9 dollar 28 sent per liter petrol gedurende die jaar was en dat dit impliseer dat petrol reeds aan die einde van 2021 op 20 dollar 63 sent ‘n liter moes verkoop.