Maak so vir gesonde hoenders, baie eiers

Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, Hanks Saisai, het onlangs in ‘n artikel redes vir sy sukses in die pluimvee-bedryf gedeel. Om optimale gesondheid te verseker, moet elke hoender daagliks gemiddeld 130 gram voer gevoer word. Boere kan kombuisafval en tuinreste as ‘n aanvullende voedselbron gebruik. Kommersiële pluimveemengsel of graanmengsel word aanbeveel om die nodige koolhidrate en proteïene te verskaf. Wateroplosbare aanvullings soos Opti-Boost of Avi boost kan bygevoeg word vir noodsaaklike vitamiene en minerale. Kosmos 94.1 Nuus het met Saisai gesels, wat meer wenke gee.