Maak so om brandstof-smokkelary te keer, regering!
Goedkoop brandstof uit Angola word steeds na Namibië gesmokkel en desperate Namibiese motoriste koop dit steeds. Die gesmokkelde brandstof beroof die Namibiese regering van inkomste, aangesien geen heffings en belasting daarop betaal word nie. ‘n Gesamentlike operasie tussen Namibië en Angola om die smokkelary te bekamp is op die grens van stapel gestuur en word gelei deur NamPol inspekteur-generaal, luitenant-generaal Joseph Shikongo. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die noorde, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die smokkelary word net erger. Hy het ook ‘n moontlike oplossing vir die probleem.