Maak so om brande in informele nedersettings te voorkom
Die wintermaande kom nader en Namibiërs moet hulself teen die koue beskerm. Die koue toestande is erger vir inwoners in informele nedersettings en hulle steek kerse, gas- of paraffienstowe aan om hulself warm te hou. Talle groot brande het in informele nedersettings ontstaan wat lewens en eiendomme geëis het. Sikongo Phillipus, senior stasiebeampte van Stad Windhoek se brandweer het met Kosmos 94.1 Nuus raad gedeel oor hoe om hierdie brande te voorkom.