Maak so om bosgebaseerde veevoer te vervaardig

Sommige dorpe in Namibië is in groen getooi na die reën wat al uitgesak het, terwyl ander droog voorkom waar dit nog nie gereën het nie. Dit is egter die regte tyd om met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral gedurende die droë seisoen, of veral tydens droogtes. Dr Dagmar Honsbein, ‘n kenner in die hout- en houtskoolbedryf, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat boere moet doen as hulle met bosvoer wil begin ter voorbereiding vir die droë seisoen.