Maak so met myn-beleid om beleggings te lok

Namibië se posisie op die algehele mynwese beleggings-aantreklikheidsindeks het met drie punte verswak, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Dit is volgens die 2023 Fraser Institute se peiling van mynmaatskappye. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, het kommer hieroor uitgespreek en sê die daling is te wyte aan mynboubeleid en regulasies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lauren Graham, ‘n ekonoom by die Kamer van Mynwese, oor watter aspekte van die beleid aandag sal verg.