Maak so met landelike ekonomieë

PDM-leier McHenry Venaani het die begroting gekritiseer omdat dit volgens hom landelike ekonomieë moes stimuleer. Hy het gesê daar vind amper geen ekonomiese aktiwiteite in landelike gebiede plaas nie en oumens-pensioene is al wat landelike ekonomieë aan die gang hou. Kosmos 94.1 Nuus het met Venaani gepraat oor wat gedoen moet word om die landelike ekonomie te laat herleef. Hy sê ons moet begin deur in die landbou te belê.