Maak so as jy aanlyn sukkel om motorlisensies te hernu

Die Paaie-owerheid het in September verlede jaar sy aanlyn registrasie-dienste bekend gestel. Dit het motoriste landwyd in staat gestel om motor- en rybewyse aanlyn te bekom, in plaas van om in lang rye by Natis dienslokale te staan. Voertuigeienaars kla egter dat daar foute in die stelsel voorkom met die hernuwing van motorlisensies. Die Paaie-owerheid se woordvoerder, Heleni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het geen klagtes hieroor ontvang nie, maar gee wenke oor wat om te doen as jy sukkel of ‘n fout raakloop.