Maak nie saak hoe nie, Suide-inwoners moet voordeel trek uit bronne

Die LPM-leier Bernardus Swartbooi, wil hê dat die gemeenskap in die onderontwikkelde Karas-streek aandeelhouding kry in die opkomende groen waterstof-, olie- en gassektore. Swartbooi sê gemeenskapstrusts moet gestig word wat aandeelhouers in hierdie sektore kan word, anders sal die inwoners aan die agterste speen suig. Intussen sê kenners dat mense werk wil hê, nie aandeelhouding nie. Die party sê dit is irrelevant, voordele moet op een of ander manier deur die inwoners van die Suide bekom word. LPM-lid Sherien Kock, verduidelik.