Maak leerder-vervoer veiliger: DA
Die DA in Limpopo eis nouer samewerking tussen die Departemente van Onderwys en Vervoer vir meer veiligheid met die vervoer van leerders. Dié oproep volg nadat drie leerders gesterf het in ‘n ongeluk tussen Lebowakgomo en Burgersfort. Die party vra vir nouer samewerking om veiligheid en nakoming vir openbare én onafhanklike skoolvervoer-voertuie te verseker. Katlego Suzan Phala van die DA eis dat wetstoepassers hulle padveiligheidpogings verskerp om nóg tragedies te voorkom.